Synexus and Clinical Research in the spotlight

Synexus and Clinical Research in the spotlight

beeld article 29062016The new Synexus building in Val de Grace Pretoria was featured in the BEELD Newspaper this week. It is seen as a flagship building for the Synexus group. Below is the article text in Afrikaans

Kliniese navorsing in Suid-Afrika is wêreldklas, en dit is ook wat die splinternuwe Synexusgebou in Val de Grace, Pretoria, vergestalt. Trouens, Dr Sanet Aspinall, besturende direkteur van Synexus in Suid- Afrika noem dié fasiliteit die groep se vlagskipsentrum.

Die Watermeyer kliniesenavorsingsentrum  deel die gebou in Stamvrugstraat, Val de Grace met die streekshoofkantoor van Synexus Suid-Afrika.

Die sentrum is een van die grootste privaat toegewyde navorsingsfasilitieite in die land en spog nou onder meer met sy eie radiologiedepartement vir X-strale en beendigtheid, ses konsultasiekamers vir dokters, veertien prosedurekamers vir verpleesters, ‘n groter resepteerafdeling (waar farmaseutiese middels wat getoets word, voorsien word) en ‘n laboratorium vir monstervoorbereiding.

Synexus is ‘n professionele organisasie met jare ervaring in die werwing van voornemende pasiënte vir studies asook die uitvoering van kliniese navorsing vir die farmaseutiese maatskappye.

Persone wat besluit om aan ‘n kliniese studie deel te neem, word deur professionele staf versorg terwyl hulle bydrae maak tot die ontwikkeling van nuwe medisyne. Die pasient kan voordeel trek uit bykomende bloedtoetse, X strale, beenskanderings en longfunksie toetse.

Kliniese studies word in verskillende fases gedoen en help wetenskaplikes om verskillende vrae te beantwoord:

  • Voor-klinies: Die medisyne word in ‘n laboratorium of in diere getoets;
  • Fase 1: Die medisyne word op klein getal gesonde vrywilligers uitgevoer;
  • Fase 2: Die studiemedisyne word aan pasiënte in die betrokke terapeutiese veld gegee om te sien of dit effektief en veilig is;
  • Fase 3: Die effektiwiteit en newe-effekte word getoets in groter getal pasiente e nook vergelyk met huidige standaard-medikasie

In Suid-Afrika fokus Synexus hoofsaaklik op Fase 2 en 3 studies in onder andere die volgende terapeutiese areas:

Diabetes, kardiovaskulêre siektes,  muskuloskeletaal (osteoporose en osteoartritis), respiratories (rookverwante siektes en asma), infektiewe siektes en vaksiene.

 

Your feedback is vital to the success of our research. Please fill in the form fields below.